Vir dieselwerktuigkundiges, passer-en-draaiers, meulmakers, gereedskapmakers, sweisers en elektrisiëns is die vaktoets die laaste, maar belangrikste stap na die verwerwing van ’n Rooi Seël. Met Ajani se vaktoetssentrum in Montana, Pretoria, is hierdie stap nou meer toeganklik, vinniger en van wêreldklas-gehalte.
Een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika is die tekort aan geakkrediteerde vaktoetssentrums. Dit beteken dat baie studente maande, soms langer moet wag vir ’n geleentheid om hul vaktoets af te lê. Ajani spreek hierdie probleem direk aan deur die wagtyd aansienlik te verkort. Studente wat voorheen gesukkel het om toegang tot ’n sentrum te kry, het nou ’n betroubare en toegeruste opsie.
Die sentrum is uitstekend toegerus met moderne masjiene, gehaltegereedskap en elektriese borde wat aan hoë standaarde voldoen. Hierdie wêreldklas fasiliteite verseker dat studente hul vaardighede in ’n professionele en realistiese omgewing kan demonstreer. By Ajani is die standaarde hoër – en dit wys in die diens en ondersteuning wat studente ontvang.
Volgens Schikkie Geldenhuys, uitvoerende hoof van Ajani, is die doel van die vaktoetssentrum om studente wat aan die minimum vereistes voldoen, te help om hul kwalifikasie tot op Rooi Seël-vlak te voltooi. Dit beteken jou hele studiereis – van jou eerste dag op kampus tot by jou Rooi Seël, kan nou op een plek voltooi word.
Nog ’n unieke voordeel? Ons almal praat Afrikaans. Studente kan hul vaktoets aflê en kommunikeer in hul moedertaal, wat selfvertroue versterk en misverstande beperk.
Ajani se vaktoetssentrum brei ook verder uit. Die sentrum is tans besig met akkreditasie vir Megatronika en Outo-elektries, met die doel om reeds in 2026 studente te toets. Dit sal Ajani een van slegs twee sentrums in Suid-Afrika maak waar Megatronika-vaktoetse aangebied word.
Wanneer jy jou vaktoets moet kies, kies ’n sentrum wat jou wêreldklas fasiliteite bied en jou sukses eerste stel. Kies Ajani.