In vandag se mededingende mark kan die oorgang van opleiding na ’n betekenisvolle loopbaan dikwels oorweldigend voel. Ajani Talent die gespesialiseerde werwingsagentskap is toegewy om uitsluitlik Sol-Tech-opgeleide ambagsmanne en -vroue, by te staan op hul loopbaanpad.
Sedert die amptelike opening in Januarie 2025, het Ajani Talent teen ’n merkwaardige tempo gegroei. Met reeds meer as 50 ondertekende werkgewers regoor Suid-Afrika, met ongeveer 44 oop posisies op ‘n enige gegewe oomblik wat gevul moet word, het die agentskap vinnig ’n betroubare brug geword tussen gekwalifiseerde ambagslui en werksgeleenthede in die bedryf.
Wat Ajani Talent onderskei, is hul persoonlike benadering. Anders as tradisionele werwingsagentskappe wat bloot daarop fokus om poste so vinnig moontlik te vul, stel Ajani Talent die langtermyn-sukses van elke kandidaat eerste.
Volgens Miné Janse van Vuuren, Talentspesialis by Ajani Talent, werk hulle van die begin af nou saam met elke kandidaat in hul soektog na werk. “Ons leer die kandidaat persoonlik ken, en dra deurlopend hulle belange op die hart, deur te verseker hulle bly op hoogte van die proses.”
Dit sluit in:
- CV-opstelling – hulp om kandidate se vaardighede professioneel voor te stel.
- Onderhoudvoorbereiding – praktiese leiding en wenke om selfvertroue te bou.
- Loopbaanpassing – sorg dat plasing regverdig, volhoubaar en in lyn met salariseise en groeigeleenthede is.
Vir Ajani Talent gaan dit nie daaroor om kandidate net in die eerste beskikbare pos te plaas nie. “Dit gaan daaroor om die beste moontlike passing te vind vir beide die kandidaat en die werkgewer,” sê Paul Barron, Besigheidshoof van Ajani Talent.
Ajani Talent werk reeds saam met ’n uiteenlopende portefeulje maatskappye oor verskeie bedrywe en provinsies heen. “Maatskappye is gretig om Sol-Tech se goed-opgeleide ambagslui in diens te neem, en met nuwe werkgewers wat gereeld aansluit, groei die geleenthede vir kandidate by die dag,” voeg Barron by.
Waarom Sol-Tech-oudstudente moet registreer
Ajani Talent is verbind daartoe om Sol-Tech-oudstudente van die oomblik dat hulle kwalifiseer, te ondersteun. Deur op die Ajani Talent-kandidateplatform te registreer, kry oudstudente toegang tot:
- ’n Verskeidenheid sorgvuldig gekeurde werksgeleenthede.
- ’n Netwerk van werkgewers wat die Sol-Tech-standaard van uitnemendheid waardeer.
Kandidate kan maklik aansoek doen vir werk, deur ’n gratis profiel op Ajani Talent se platform te skep https://url-shortener.me/62N1
Om die beskikbare poste te besigtig klik hier https://careers.ajanitalent.co.za/.